GEREFORMEERDE KERK

HERMANUS, WES-KAAP

KONTAK ONSPADKAART

NOTAS

Eredienste

  09H30

 

WELKOM

Die Gereformeerde Kerk Hermanus is geleë teen die skouspelagtige kus wat deel vorm van die groter Overstrand Distrik bekend vir walvisse en wynlande, en behoort aan die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA).

Lidmate bestaan meestal uit permanente inwoners, as ook vriende en familie wat gereeld op ons dorp kom kuier tydens vakansie tye. Ons glo in die Drie-enige God (Vader, Seun en Heilige Gees) en ons belydenis is gegrond op die belydenisskrifte. Eredienste vind elke Sondag asook op Goeie Vrydag, Hemelvaartdag- en Kersdag plaas.

Alle eredienste word deur Ds. Nikolaas Pienaar gelei, tensy anders aangedui. Ons strewe om God se liefde uit te leef tot eer en verheerliking van Sy heilige naam en tot uitbreiding van Sy ewige koninkryk.

ONS STORIE

Dit is selde dat stigters-lede nog aktief deel vorm van die gemeente aktiwiteite. Hier is die opgesomde geskiedenis van die Gereformeerde Kerk (GK) Hermanus:

  • 1964 – Met hul aankoms uit Sasolburg vind Josef Kruger en sy eggenote, wyle Lettie Kruger, dat die naaste Gereformeerde gemeente in Worcester is.
  • 1978 – GK Strand stig af van GK Stellenbosch. Die Strand is darem heelwat nader as Worcester en so word Hermanus n wyk van GK Strand.
  • 1983 – Kleinmond, Bettysbaai en Grabouw word een wyk van GK Strand. Daar word kwartaalliks een diens gehou in die tennis-saal op Kleinmond.
  • 1995 – In die geskiedenis van Hermanus word die eerste erediens in die “United Church”- kerkgebou gehou. Tot einde 1998 word daar jaarliks vier eredienste gehou.
  • 1998 – Met die aankoms van Hans en Careen Oostenbrink ontkiem die saadjie wat die droom vir ‘n eie kerkgebou moontlik sou maak.
  • 1999 – In Maart word twee eredienste per maand aangebied in die Sewendedag Adventiste Kerk in Hermanus.
  • 1999 – In Februarie word Hans Oostenbrink ‘n stuk grond aangebied, wat hy self ontwikkel. ‘n Gedeelte hiervan word afgesny en aan die gemeente geskenk.
    • Op 18 Augustus vind die steenlegging plaas.
    • Op Saterdag 4 Desember word daar feesgevier en word die kerkgebou formeel indiens geneem
  • 2000 – Die amptelike afstigting van die nuwe Gereformeerde Kerk in Hermanus vind plaas op 29 Oktober.

EREDIENSTE

ELKE SONDAG OGGEND 09:30

Kyk na vorige dienste op youtube

Luister na vorige opnames

DIE GABRIëL

GK Hermanus se weeklikse nuusbrief, Die Gabriël

GALERY

Foto’s van ons nuwe kerkgebou.

KONTAK

Eredienste:
Daar is elke Sondag slegs een erediens – 09:30. 

Predikant:
Ds. Nikolaas Pienaar

peetcoetzee@lantic.net


Kerkkantoor e-posadres:
skriba@gkhermanus.org.za

  • Predikant – Ds. Peet Coetzee
  • Skriba van Ouderlinge – Koos Wessels
  • Skriba – André Boersma
  • Attes Skriba – André Boersma
    082 707 8816
    028 316 2310
  • Voorsitter van die Diakonie – Andrea Buys
    072 101 2537
  • Voorsitter van Susters – Hanlie Botha
    028 316 2705
  • Jeug – Sarel Swanepoel 
  • Koster – Chris Mienie
    083 262 3550
  • Kerkkantoor –